Vrae wat almal vra oor Trusts
Die volgende skakels verskaf meer inligting rondom Trusts:
Alle bates (uitgesluit lewensversekering) in die Trust is vrygestel van boedelbelasting. Bates waarop geen uitstaande skulde is nie en wat in die Trust is word beskerm teen begunstigdes se skuldeisers. Bates (vaste en roerende) in die Trust kan slegs met die toestemming aan die begunstigdes oorhandig word. Kontant (kapitaal en rente) en die opbrengs daarop kan ook slegs met die toestemming van Trustees aan die begunstigdes betaal word. Toekomsitge eggenotes kan nie oor die bates in die Trust beskik nie. Skei besigheid en persoonlike bates deur dit in ’n Trust te sit dat daar nie op alle bates deur skuldeisers van besigheid of andersom beslag gelê kan word nie. Wanneer oud en moontlik onbeholpe is (Alzheimers) moet Trustees toesien dat geld in die Trust nie deur versorgers (kinders sowel as vreemdes) op hulself ipv persoon wat dit die nodigste het, uit gegee word nie. Bates word dus teen boedelbelasting en onoordeelkundige besluite beskerm.
‘n Versekering polis bly ’n geagte bate in die versekerde se boedel maar kry ‘n korting teen boedelbelasting, {Artikel 3(3)} van premies plus 6% saamgestelde rente. (Dit kan honderde duisende rande oor ’n persoon se leeftyd beloop). Trustees kan eise op versekeringpolis indien en voordele aanwend indien die versekerde persoon nie medies in staat is om eie sake te behartig nie, bv. na ‘n Beroerte, Langdurige Hospitalisasie, ens. By ’n doodseis betaal die polis ook aan die Trust uit en die begunstigdes het dadelik toegang tot geld terwyl die boedel van die oorledene maande kan vat om afgehandel te word. Begunstigdes kan nie geld onoordeelkundig uitgee nie, want hulle het die Trustees se toestemming nodig. Geen eksekuteursfooie op polis gelde wat aan die Trust uitbetaal nie. Verminder boedelkostes en gee vinnige toegang tot polis uitbetalings.
Oprigting
Die oprigting van ‘n Trust word gedoen deur ’n verklaring van die Oprigter en eerste Trustees. ‘n Trustakte word opgestel en onderteken deur die Oprigter en Trustees. ’n Rekenmeester moet vir die Trust aangestel word. Die Trustakte word by die Meester van die Hooggeregshof ingedien vir bekragtiging en uitreiking van ‘n Trust Magtigingsbrief en IT Nommer. Die Trustees moet ’n Bankrekening vir die Trust open.
Naam
Enige naam kan vir ‘n Trust gegee word, want elke Trust het ’n unieke IT Nommer.
Die Oprigter van ‘n Trust mag ook ’n Trustee wees. ‘n Trustee moet meerderjarig wees. ’n Trust moet verkieslik 3 Trustees hê, waarvan een onafhanklik is. Die onafhanklike Trustee moet verkieslik nie ‘n naby familielid wees nie oor kennis van Trusts beskik. (Dit is om te verseker dat enige handeling met Trustbates nie gesien word as handeling met persoonlike bates nie). Trustees moet voldoen aan die vereistes in die Trustakte gestel om te kan optree as ’n Trustee van ‘n Trust. (Mag bv nie Insolvent wees nie). Die Oprigter van die Trust kan gewoonlik iemand in sy Testament benoem wat hom moet opvolg as Trustee na sy dood. Alle besluite van Trustees moet genotuleer word en deur die meerderheid Trustees (verkieslik al die Trustees) onderteken word.
‘n Trustee kan ook ’n Begunstigde wees. Begunstigdes kan Kapitaal- of Inkomste begunstigdes of beide wees. Begunstigdes kan minderjarig wees. Begunstigdes is nie geregtig op enige voordele van die Trust sonder Trustees se besluitneming nie. Trust bied dus beskerming teen skuldeisers en verkwisters.
- Wanneer Trustees se amp beëindig kan word.
- Hoe Trustees moet vergader en besluite neem.
- Die Funksies en Bevoegdhede van Trustees.
- Hoe Kapitaal en Inkomste aangewend mag word.
- Die Pligte van Trustees ten opsigte van Trustbates
- Of die Trustakte gewysig mag word.
- Vergoeding van Trustees.
- Die regte van Begunstigdes
- Wanneer en hoe die Trust beëindig mag word.
Nadele:
- Inkomste wat nie aan begunstigdes uitgekeer word nie, word teen 40% belas.
- Kapitaalwins wat nie aan begunstigdes uitgekeer word nie, word teen 20% belas.
Voordele:
- Geen Boedelbelasting op bates (Sien a.1)
- ’n Natuurlike persoon kan R100 000 per jaar belastingvry aan sy Trust skenk. Inkomste kan aan al die begunstigdes (ook minderjariges) uitgekeer word.
Inkomste word dus versprei en elke begunstigde se belasting kortings word benut.
Bates wat reeds in ’n Trust is kan nie in ‘n Testament aan iemand bemaak word nie. Persoonlike bates kan wel testamentêr aan ’n Trust bemaak word. ‘n Persoon wat die Oprigter van ’n Trust as Trustee kan vervang, kan in die Oprigter se testament aangewys word. Die Inter Vivos Trust kan nou in die Testament gebruik word i.p.v ‘n testamentêre trust vir minderjarige kinders. Sodoende word bates ook uit die toekomstige geslagte se boedels gehou om boedelbelasting te vermy.
- In ‘n chronologiese volgorde.
- Die nuutste hofsake geïmplementeer. In verstaanbare Afrikaans geskryf. Deur Meester van die Hooggeregshof aanvaar.
- In lyn met: “Trust Property Control Act 57 Of 1988”. Volgens hoogsaangeskrewe Trustkenners
- se aanbevelings opgestel.
- Deur die meeste banke en versekeringsmaatskappye geoudit en aanvaar.
- Die magte van Trustees word volledig omskryf.
- Die oprigter moet deel vorm van alle besluite wat geneem word.
- Die afdanking van ’n Trustee kan slegs volgens spesifieke riglyne geskied.
- Beskerming vir die oprigter dat hy/sy nie afgedank kan word deur ander Trustees van die Trust nie.
- ‘n Toekomstige eggenote kan nie ’n Trustee word en besluite neem nie.
- Trustees staan nie in persoonlike hoedanigheid borg vir die Trust se skulde nie.
